top of page

Ons beskou Geloofsfokusgroepe as die ideale

GROEIGELEENTHEID vir lidmate om hulle GELOOF te verdiep.

 

Geloofsfokusgroepe kom in sekere gevalle tot weekliks bymekaar

ter wille van GEESTELIKE GROEI, ONDERLINGE ONDERSTEUNING 

en om IN LIEFDE na ander mense UIT TE REIK.

 

Ons moedig lidmate sterk aan om aan te sluit by 'n geloofsfokusgroep!

Wat is 'n Geloofsfokusgroep?

Hoekom deel word?

Die Geloofsfokusgroepstelsel is geskoei op Jesus se eie bediening: Hy het sy dissipels een vir een geroep (Mark 1:16-20 en 3:13-14) en saam met hulle 'n groep gevorm om vir mekaar om te gee en hulle navolging van die Here uit te leef. Hy het die dissipels ook opgelei om die evangelie met ander te deel (Hand 1:3-4 en 8). Baie mense het op die dissipels se getuienis gereageer en onder leiding van die Heilige Gees in mekaar se huise saamgekom. So is die eerste gemeente gestig en die koinonia-beginsel van intieme geestelike samesyn in gemeentes gevestig. Dié gebruik is gedurende die Hervorming van die Christelike Kerk voortgesit.Om dissipel van Jesus Christus te wees, beteken om geestelike beginsels te ontdek, dit in jou daaglikse lewe toe te pas en met ander te deel. Die Geloofsfokusgroep skep die ruimte vir diepraktiese beoefening van jou Christenskap. 

Word Deel van 'n Geloofsfokusgroep

As jy graag wil deel word van 'n geloofsfokusgroep vul asb. hierdie aanlyn vorm ins

Baie dankie. Ons kom so gou moontlik terug na jou.

GELOOFSFOKUSGROEPE

bottom of page